Description
In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ‘n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ‘n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.