USD31,14
Inleiding deur Lina Spies
Kaffie Pretorius is in 1941 gebore op Lambertsbaai, ‘n vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het aan Bloemhof Hoërskool op Stellenbosch, studeer sy verder as onderwyseres aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1964 is sy getroud met dr Rene. Pretorius, ‘n kernwetenskaplike, en drie kinders, André, Mariana en Christelle is uit die huwelik gebore. Sy het by verskeie kunsskole gewerk onder meer in 1976 by ‘n kunsskool in Los Angeles. Terug op Stellenbosch het sy ook vir ‘n jaar gewerk onder André van Zyl by die Michaelis-kunsskool in Kaapstad.
In 1989 beoefen sy vir vier maande kuns in Amsterdam. Na ‘n paar groep-uitstallings hou sy in 1985 haar eerste eenman-uitstalling op Stellenbosch. Nog eenman-uitstallings volg in 1987, 1989 en 1992. Kaffie se skilderye kombineer ‘n aardsheid met intuisie en emosie. Haar kuns weerspieël haar verbondenheid met die Weskus en sy mense.