Jopie Fourie n Lewenskets – J M De Wet

R950

Add to Wishlist
Add to Wishlist

Description

Lewenskets van Jopie Fourie – J. M. de Wet

Die toekoms sal ons leer of die ontwaking wat by die Boerevolk ontstaan het van blywende aard is. Moontlik is dit maar ‘n verbygaande verskynsel — dit kan so wees!

Maar ‘n beroering so diep as wat ons die laaste jaar gesien het (al moet dit weer wegsterf) kan niks anders as ‘n onuitwisbare stempel op ons volk afdruk en ‘n heilsame uitwerking bring nie. Net soos uit die stormwolk ‘n verkwikkende reën neerdaal, net so seker sal ook uit al die rampe wat gely is ‘n heerlike seën gebore word — en watter roepstemme tot ontwaking klink nog in ons ore! Vanuit ‘n donker straat in Johannesburg waar generaal De la Rey sy doodskoot moes kry, kom die eerste ontwaking.

Wie van al die mense wat die begrafnisdienste in Pretoria en op Lichtenburg bygewoon het, kan ooit die diepe ontroering vergeet? Hy — die dapper held, die vaderlander nog so moedig en kragvol — moet ons verlaat op ‘n manier wat ‘n rilling deur die ganse volk laat gaan! En onwillekeurig ontstaan die vrag op die lippe: Waarom? Was dit per ongeluk of deur moedswilligheid dat hy so aan sy einde gebring moes word?

Die 15e September 1914 is hy doodgeskiet — die ganse volk klee hulle in die diepste rou by ontvangs van die treurmare.

Maar hierdie boek is oor Jopie Fourie, wat sy bors aangebied het om die koeëls te ontvang in die vaste oortuiging dat God sy dood sal gebruik om die volk te laat ontwaak.