Jan Smuts , van Boerseun tot Wereldverhoog. n Herwaardering – Kobus du Pisani

R650

Add to Wishlist
Add to Wishlist

Description

Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly ‘n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk ‘n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik ‘n rassis?
In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militêre strateeg (hy het ‘n leidende rol tydens drie oorloë gespeel), politikus (vir ‘n halwe eeu in die ‘era van die generaals’ was hy prominent) en staatsman (hy was ‘n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf.

Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote uitgetroon as ‘n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat Smuts se gedagtenis in stand gehou het.

‘n Herwaardering van Smuts vanuit ‘n Afrikaanse gesigspunt sal dus ‘n leemte in die literatuur oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu vul. Vandag het ons ‘n beter perspektief op sy bydraes binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om ‘n meer ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.